
Letters to our email address:
smslife@telkomsa.net for attention: SMS LIFE, will be displayed for a one month period.
To publish your letters on the internet on this website for a one month period at a cost of R 40-00 (forty rand ) per letter
send your letter to the abovementioned e-mail address
Southern Community Youth Club
We started a youth club for kids from the age of 8 years to 16 years in South hills. We also registered the club as an NPO with the following name: Southern Community Youth Club Ref: 041 -530.
The club was mainly established for the disadvantaged kids in the area. We also welcome any other kid in the area that want to attend the workshops that we run. The club is there to keep the kids off the street and out of mischief. We do the following events at the club:
letter by Pearl Mushfieldt - read whole letter
Elke dag is vir my 'n Wonderwerk
Ja, ek was lank stil, maar dit was slegs op die internet, in die lewe het dinge nie net aangegaan nie maar absoluut ‘n hele rondomtalie gemaak.
Ek wil begin deur elkeen te bedank vir elke briefie en elke woord wat aangestuur is, dit was nie net opgeslurp nie, dit het deel geword van ‘n kis vol wonderlike herinneringe.
En dit noop my in die lig van al die depressing situasies wat almal van ons daagliks beleef in elke faset van ons daaglikse bestaan om met julle hierdie kragtige belewenis te deel – ‘n oomblik in ‘n leeftyd wat so groot is dat was dit nie vir die sigbare nalatenskap, dit ongemerk verby kon gaan. En dit is so kragtig dat lewe in al sy bios nooit weer net ‘n woord sal wees nie.
letter by Colleen Joubert (Fouche) - read whole letter
Active Faith
We need to understand the reason for the way in which we interpret and practise our faith and religion. Basically we are all looking for solutions, solutions for our life, solutions for the daily difficulties we face, solutions for the fears we experience, solutions for the uncertainties we encounter, which we can't explain or understand. Solutions for our desires, some of them secret - which we can't really tell. Solutions, solutions - that's what we all so desperately long for. That’s why we all are here looking for solutions for our life. That's why many people make lots of money and others pay a lot. Some demand and require; others supply and provide. Do you demand, require or do you provide? Critical question?
It's a matter of degree, isn’t it. To some extent we all provide and we all demand or require. However, we need to provide more than we require. Simple, because what we require we pay for - and for what we provide, we get payment. Supply and demand - we all heard that before.
By Hennie Labuschagne - read whole letter
(The following letters were edited for spelling and language - webmaster)
Dit was vir my verskriklik lekker om weer een van die Kameeldriwwers te wees en ek kon sien dat ons almal baie het om oor dankbaar te wees.
Wat my egter opgeval het is hoe sinies sommige van ons oor die jare geword het. SA is glo in sy kanon ,die paaie val uitmekaar en almal sit in sak en as oor die geweldsmisdade.
Ag nee wat maats waar is julle geloof dan? Dis nou dieselfde manne wat lang rewolwers gedra het en geen nonsens van enige enige boef of barbaar sou gevat het nie.
Dis ook die manne wat 4X4 met treinspore gery het en sommer paaie gemaak het waar nie paaie was nie. Manne wat vir alles en almal kans gesien het. Manne wat 'n wen gesindhied gehad het al het hulle ook een geveg verloor. Manne wat kon aanpas en kon verander en nooit aan tou-opgooi gedink het nie.
Wat moet ons kinders dink as hulle ons so sien? Hou op kla en wees 'n voorbeeld vir ons kinders. Souties hardloop weg as dinge verander (kyk maar na die geskiedenis). Ons is Suid-Afrikaners met geloof.
Ons voorouers het sonder paaie oor die berge gery, moenie dat 'n paar potholes julle mismoedig laat nie. As die crime dan so 'n ding is, doen iets daaraan. Stig 'n army of iets en raak betrokke. As julle vir die regering gaan wag, wag julle verniet.
Hou op om SA as 'n ou eilandjie te sien. Daar gaan ou Gert nou SA in Holland stig. Die laaste ding wat hy wil hoor, is hoe sleg dit hier gaan. Holland het Jan van Riebeeck gestuur omdat hulle die wêreld wou oorneem en ons stuur Gert terug om hulle oor te neem.
En dan is daar ouens soos Coetzee en ek en kous; wat in Afrika werk om Suid-Afrika die leier in 'n donker spul te maak. Hoe gouer ons Afrika as ons reg sien om te beheer en ryk uit te word hoe beter vir ons en ons kinders. Die beeld wat ons vir Gerhard en ons kinders oorsee en in Afrika oordra gaan bepaal of ons kinders hulleself as boere gaan sien of nie. Ons is verantwoordelik om met ons positiewe voorbeeld en betrokkenheid seker te maak dat ons kinders nie hul identitiet gaan verloor nie maar eerder die wereld in besit gaan neem.
Ons is dit aan ons kinders verskuldig om in ons self te glo en God te vertrou dat ons hier is met 'n doel en om nie dood te spreek nie.
Ek het so 'n paar maande gelede ook my werk verloor en 'n pothole het ook al my bande afgeskryf en ons ry ook taxi vir my kinders omdat dit gevaarlik daar buite is en ek ry ook minder as gevolg van die petrol maar oor my dooie liggaam sal SA die pad van Zambië of Zimbabwe volg, want hoor my vandag, Jakes van Heerden is nog net so 'n b****m soos altyd en ek sal nie oor my laat loop nie, en ek en my nageslag is in die nuwe wêreld geplaas om 'n verskil te maak.
Ek voel nou beter dankie.
Ek hoor graag jul kommentaar op my brief.
**************************************
Hi Jakes
Goed om van jou te hoor en te sien jy dink so ernstig oor SA, Afrikaners en die lot van die kameeldriwwers. Ek stem met jou saam as jy sê ons het ons geloof verloor!. Jy weet seker ek werk al omtrent 6 jaar in Soweto na 'n herorganisering by JHB.
Het altyd gewonder hoekom dit met my gebeur en hoe ek dit daar gaan uithou. As ek vandag terug kyk moet ek sê ek was verstom om te sien hoe lewendig Christenskap en geloof in die arm swart gemeenskappe is. Moet sê, tesame met korrupsie, roof, moord en al die ander euwels - is dit nogtans verbasend om te sien dat duisende van hulle elke byeenkoms nog met gebed & lofsang open en afsluit.
Iets wat ek lanklaas in ons eie byeenkomste ondervind het. Wat opmerklik is, is dat sommigge van hulle, tenspyte van uiters haglike omstandighede, armoede, roof ens - steeds opgewek en blymoedig is. Hulle sing sodra daar 'n geleentheid is en ondersteun mekaar in enige omstandigheid - al is dit ook 'n vreemdeling wat hulle van nerens af ken nie.
Een ding wat ek daar geleer het - is dat die groep se belang altyd voorkeur geniet bo die van 'n individu. Daarom staan hulle so saam in massa optrede. Ek stem verseker nie saam met al hul oortuigings nie, en dink maar self baie keer of ek nie ook maar die logiese ding moet doen en soos Gert die pad vat en ten minste vir my kinders 'n toekoms probeer verseker nie.
Aan die ander kant dink ek weer ons afrikaners kan tog iets uit die situasie leer en 'n verkil maak. Ek dink nie ons moet ooit die fout maak om te dink Christenskap is ons Boere alleen se "erfenis" of dat ons die geboorte reg het om net na onsself in die land om te sien en ryk te word ten koste van ander nie. Dat ons met 'n doel hier is, hier hoort en 'n taak het om te verrig glo ek beslis.
Miskien moet ons, ons net self so bietjie ondersoek en die vraag vra of ons net oor onsself bekommerd is, ons eie welvaart soek en of ons regtig ons christenskap wil uitleef - deur onsself volgens die Woord - minder te ag as ander, en vir ander meer om te gee as vir onsself. Jy weet, as jy net aan ons ou boere nasie dink, dan sukkel ons maar om net mekaar te help - wat nog van ander.
Ek myself is ook maar skuldig om eers net vir myself te sorg, my eie ding te wil doen en ons spat gou in alle rigtings as dinge nie na ons sin gaan nie.
Dis seker makliker gesê as gedaan - maar ek is oortuig ons het 'n roeping hier - nie so seer vir ons eie individuele welvaart nie maar definitief as Christene. Om aktief en positief te wees, blymoedig te wees, die toekoms in die Skepper se hande te laat, en met oorgawe en geloof te doen wat op ons pad kom om te doen - al lyk die paadjie soms vir ons hoe steil.
Ek's oortuig ons sal dan wel een of ander tyd die lig sien. Het self net baie hulp van bo nodig om dit reg te kry.
Groete & dankie vir jou positiewe uitkyk
Hennie
*********************************
Hallo Hennie
Nee ek het nie geweet dat jy nou in Soweto werk nie. Ek dink op 'n manier is jy geseënd om deel van die "nuwe herlewing" in Afrika te wees. Terwyl ons boere oor dogma en Liturgiese orde in die kerk praat, beweeg Jesus, net soos toe Hy op die aarde was, magtig tussen die armes, werkloses, siekes en gewone mense.
Ons is so besig om kerk-kerk te speel, dat ons nie eers meer glo dat mense deur die God genees kan word nie. En dan is daar jou werklik kerkmense wat dink dat God se Gees nie meer operate nie.
Praat maar met enige swart christen en hy of sy sal jou vertel van mense wat van demone verlos was of van siekes wat gesond geword het en van die Gees wat beweeg het.
Neem nou maar byvooreeld ons ou groepie vriende. Hoeveel van ons glo nog werklik in wonderwerke? Boer nou met moerbeie in die see of skuif nou 'n berg met sulke ouens?
Dink net wat kan ons vir die Here doen as ons net wou. In plaas dat ons ons bronne saamgooi en 'n verskil maak, sit ons en kla oor potholes in die pad. Ek vertel jou, as dit nie vir Christus se genade was nie het ons al lankal gebraai.
Dankie vir jou brief. Ek is bly om te sien ons sien die saak so dieselfde.
Kom ons bly vir mekaar skryf.
Jakes
Openbare Verklaring:
Ek, die ondergetekende
Verklaar hiermee dat my naam van vandag af ‘n seën sal wees vir die
mense om my. Ek verklaar verder dat my woorde en my dade ‘n seën sal
wees vir die mense om my, ja vir almal, selfs vir hulle wat my dalk mag
haat. Ek onderneem om die vergiffenis wat die Here aan my bewys het deur
te gee na die mense om my, na almal, selfs hulle wat my te na gekom het
of wat my dalk nog haat.
Ek verklaar verder dat ek die uitkoms van my woorde en my dade sal weeg
(bereken) want elke besluit wat ek neem en elke woord wat ek spreek dra
die gewig van ‘n seën of ‘n vloek. Ek onderneem dat ek sal kies om
Wysheid (God) te gehoorsaam en ‘n seën vir my naaste te wees, ja ook vir
hulle wat my dalk nog haat.
Ek onderneem verder dat ek elke dag vir die mense om my sal bid – dat
die Here hulle sal seën , ja vir almal, selfs vir die wat my dalk nog
mag haat.
Ek verklaar verder dat ek deur die doop dood is vir die wêreld (eie ek,
begeertes, eie wil, selfsug, naywer en haat) en lewend is vir die Here
en my naaste en dat ek die vrugte wat hierby pas sal dra vir almal om te
eet. Galasiërs 5 : 22. Liefde, vrede, vreugde, geduld, vriendelikheid,
goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing.
Ek onderneem dat ek die Here sal toelaat om my verhoudings te herstel,
eerstens met God, dan myself en dan met my naaste. Ek onderneem om elke
persepsie van myself, van God en van my naaste, wat nie van God is nie,
sal aflê en ‘n nuwe lewe sal begin. Ek onderneem dat ek na die Waarheid,
Wysheid en Liefde (name van God) sal soek en dat ek sal kies om lewe van
oorwinning te leef, vry om reg te kies. Vrygekoop van die mag van die
aanklaer, ( duiwel ), en vrygekoop van omstandighede en tradiesies (
wêreld).
Ek onderneem verder dat ek uit dankbaarheid die Here sal prys en hom al
die lof en al die aanbidding van my hart sal gee vir die vrye genade wat
Hy aan my skenk en wat ek deur geloof my deel gemaak het.
Ek onderneem verder dat ek as teken dat ek myself gekruisig het, my lewe
en my goed vir my naaste beskikbaar sal stel en dat ek my volle tiende
na die huis van die Here sal neem sodat ek wysheid en oorwinning kan erf,
wat my deel van die belofte van God is.
Ek onderneem verder dat ek ‘n wag voor my mond sal sit, dat ek niemand
sal bespreek nie, selfs al is dit die waarheid, want as ek iemand in ‘n
slegte lig stel is dit dieselfde as om hom te vervloek of die dood oor
hom te spreek, en dit terwyl ek gebore is om lewe te spreek en te
vergewe, en blydskap te bring.
_____________________________
________________________________
Datum
Handtekening
Mag jy die Gees van die Here toelaat om jou denke te vernuwe met die
waarheid oor wie jy is in Christus ( volwasse seun en erfgenaam van die
volheid van God).
Mag jou woorde en dade jou vrymoedigheid skenk om tot die Here te nader
en onder jou naaste te wandel en mag jy reg kies want die pad na die
Here is ‘n weg van gehoorsaamheid.
Mag jy opnuut besef dat as ek my lewe gee, ek die lewe sal beërwe; as ek
hoop gee, dat ek hoop sal beërwe; as ek liefde gee, liefde my deel sal
wees; as ek vergiffenis skenk, vergiffenis my deel sal wees; as ek my
goed gee, oorvloed my deel sal wees want oorvloed is die vrug van ‘n
offer.
Opgestel deur Jannie Davel. Tel. No. 0825795865
Stukkend:
| God maak ons lewe heel,
maar ons moet àl die stukke aan Hom oorhandig Helmut Thielicke (1908-1986 |
Berig in BEELD: (18 Januarie 2006) Henneman, - ′n
pasgebore baba, met haar naelstring nog aan, is hier in ′n sloot
weggegooi en vermoedelik deur ′n verbyganger verkrag en weer in die
sloot gelos…..”
Ek wil nie verder lees nie, my gedagtes dwaal terug na 30 Mei l964.
Die seisoen het begin draai. Ek het my mantel oor my skouers gegooi en
die koshuisdeur agter my toegetrek. Terwyl ek deur die lang gang van die
hospitaal na saal 20 toe stap, kon ek nie glo dat ek al in my vierde- en
finale jaar van opleiding was nie. Daar was harde tye en ook goeie tye.
Ek het in saal 20, die afdeling vir kinderchirurgie gaan aanmeld vir
nagskof.
Omdat kindertjies nog altyd so na aan my hart gelê het, was dit elke
keer vir my ′n hartverskeurende ervaring om ′n weerlose baba te sien ly
veral na ′n operasie of enige ander pynlike prosedure.
Daardie spesifieke aand was ons deurlopend besig. Dit was operasiedag en
die kinders het sonder ophou gehuil en gekerm. Dit het vir my gevoel of
die tyd voor ons uithardloop. Te veel werk en te min hande. ′n Siek baba
wil heeltyd vertroos word en daar was net nie tyd vir die baie
belangrike bonding nie.
Terwyl ek besig was om ′n baie siek kind se doek om te ruil, het die
telefoon in die dienskamer gelui. Dit was die suster van die noodgevalle
afdeling:
“Ons stuur vir julle ′n spoedgeval.-Berei haar onmiddellik voor vir
teater. Sy is ses maande oud met inwendige beserings! Moenie tyd mors
nie, dokter is al besig om te skrop!”
Voordat ek nog kon vra wat gebeur het, hoor ek die haastige voetstappe
van die noodgevalle verpleegster in die gang. Toegevou in ′n vuil pienk
kombersie, het sy die bondeltjie aan my oorhandig. Die trane wat oor
haar wange gestroom het, het my nie ontgaan nie.
Ek het die baba na ′n leë wiegie geneem om die nodige voorbereidings vir
teater te doen. Die baba het die ellelange name van Elizabeth, Johanna
Carolina gehad. Met die oorlaai in haar bedjie het ek besluit ek sal
haar sommer ‘Baba Bettie’ noem. Die slap lyfie het nie weerstand gebied
toe ek haar aanraak nie.. Daar was ook nie trane nie, net ′n paar
kreungeluidjies wat met elke asemteugie pynlik deur haar bleek lippies
ontsnap het.
Nooit in my lewe sal ek die skokgolwe vergeet wat deur my verslae gemoed
gegaan het toe ek haar nat doek wou omruil nie! (In daardie tyd het
babas nog lapdoeke gedra). Ek het die yslike haakspeld versigtig
losgemaak. Die verdedigingsmeganisme van ontkenning het my hard en
duidelik tussen die oë geslaan!
Nee, nee Here, tog net nie dít nie! Stukkies weefsel, moontlik gedeeltes
van haar uterussie, (dit kon moontlik ook haar blasie gewees het), het
die bebloede nat doek vol gelê. Helder rooi bloed het met kort
tussenposes uit haar liggaampie gesypel. Sy was uitmekaar geskeur. Die
buikie was opgeswel en in die omgewing van die niertjies, was die vel
blou gekneus.
Ek wou huil, maar ek kon nie. Ek wou praat, maar daar was nie woorde nie.
Ek het selfs probeer bid, maar die Here was op daardie oomblik baie ver
weg. Ek kon nie eens afsku teenoor die monster ervaar wat dit aan haar
gedoen het nie. My siel was dood – gestroop van alle emosie. Baba Bettie
was gruwelooslik verkrag en vermink op die brose ouderdom van net ses
maande! Buite in die gang het die teaterverpleegster ongeduldig gewag…
Ek haar in ′n skoon warm kombersie toegedraai, en versigtig aan die
teaterverpleegster oorhandig. Ons het haar opnamevorms voltooi en in ′n
bruin TPA lêer geplaas
′n Predikant (of so het dit gelyk), en ′n vrou met ′n swart aktetassie–
moontlik ′n maatskaplike werker, het gekom en gegaan. ′n Polisiebeampte
het verklarings kom afneem by ′n brandmaer, uiters verwaarloosde jong
vrou met rooi gekleurde hare. Sy was geklee in ′n dun lemmetjie groen
crimpeline rok. ′n Verslete bruin bruin mansbaadjie het haar kaal
skouers bedek.. Sy het kort-kort die gloeiende as van haar sigaret
senuweeagtig in ′n alreeds oorvol asbak, getik. Seker die kind se ma het
ek afgelei, en die bruin baadjie? Behoort dit dalk aan.....? Ek
onderdruk die gedagtes en gee al my aandag die skreeuende honger, nat
babas.
Kan daardie growwe nikotien-bevlekte hande met die lang geel naels ooit
′n weerlose baba beskerm teen die dierlike drange van alkoholverslaafde
man of dalk ′n minnaar wat sorg vir kos op die tafel? Wie sal ooit weet?
Ek het die saalhorlosie angstig dopgehou. Dit was elf minute voor
middernag. Baba Bettie is al vyf ure in teater. Die spanning vreet my
op!
Na, wat vir my soos ′n ewigheid gevoel het, bring die teatersuster vir
baba Bettie terug vanaf die teater. Ek het die slapende kindjie in haar
wiegie neergelê, die sakkie met bloed asook die elektroliete se
indruppelingsspoed volgens voorskrif ingestel Die nodige aandag is ook
aan die dreineringsbuise en katerter gegee. Anders as vandag, het ons
nog sulke ernstige gevalle in die gewone sale verpleeg.
Ek lees weer die teaterverslag: “Totale histerektomie, herstel
laserasies van genitalieë, sistoskopie en piëlogram en totale
verwydering van geruptuurde milt” In kort, die baba se baarmoeder is
verwyder, blasie en niertjies met radio-aktiewe jodium ondersoek, skeure
geheg en die milt is verwyder!
Ek het langs haar bedjie gaan staan en haar klein, koue handjies in myne
geneem. Haai, het ek gedink, daar is sowaar nog gaatjies waar daar
eendag kneukeltjies gaan wees! Eintlik is sy maar nog net ′n baba! Die
suurstofmasker het diep rooi kepies in die ronde wangetjiesgemaak. Ek
was verward. Miskien moet ek ′n suurstoftent in werking stel!
Ek het weer probeer bid: “Wat nou Here? Wat moet ek nou doen? Wat gaan
van haar word?” Ons is geleer om nooit emosioneel betrokke te raak by
ons pasiënte nie maar hier waar ek langs die staalwiegie met die
slapende baba op die klapperhaarmatrassie gestaan het, het ek
skaamteloos gehuil.
Skielik was daar ′n effense beweging. Baba Bettie het gekreun en haar
groot blou ogies het vir ′n kortstondige oomblik na my kant toe geloer.
Die bleek-blou lippies het vir oulaas ′n instinktiewe suigbeweginkie
gemaak. Daarna het die lewe stadig uit die gebroke liggaampie gesypel.
Ek het op die groot horlosie gekyk en ′n aantekening op haar bedkaart
gemaak: Datum van afsterwe: 31 Mei 1965. Tyd: Tien minute oor twaalf.
Ek het so pas 21 jaar oud geword……..
Ingestuur deur Andrea van Vuren
Posbus 48392,
HERCULES
0030
Die Keuse:
| Ons mag vry wees om te
kies, maar ons is nie vry om die gevolge van ons keuses te
kies nie. Selwyn Hughes |
In ʼn piepklein verwaarloosde ou huisie met ʼn geroesde
sinkdak, het ʼn legendariese figuur in afsondering in die Moot gewoon. Hy
was ons buurman, oom Herman de Wet. Oom Herman het feitlik nooit met
mense gekommunikeer nie. Ons het nie eens geweet of hy familie of
naasbestaandes iewers het nie. Hy het net bestaan. As ʼn onafhanklike
alleenloper, het hy met sy vier yslike, gevaarlike boerboele en twee
bont-bruin foksterriër brakkies homself beveilig en niemand, behalwe
Filemon, sy getroue plaaswerker, opsy plasie toegelaat nie.
Saans teen sononder, het hy vir homself ʼn paar doppe mampoer- wat hy
self gestook het – geskink, en na die nuus op sy draagbare radio’tjie
geluister. Uit protes teen die destydse duur water- en ligte pryse, het
hy vir homself ʼn kragopwekker aangeskaf.
Op sy grond was daar ʼn paar Voortrekkergrafte wat hy met groot toewyding
versorg het. Van die gestorwenes in daardie grafte was glo van sy eie
bloedfamilie. In die vroeë sestiger jare het oom Herman sy plaas laat
opdeel in kleiner gedeeltes van sowat 25 morg (18ha) elk.. So het dit
toe gekom dat Herklaas van Vuuren – toe nog alleenloper en heelwat later
my eggenoot, op een van die kleiner gedeeltes, Uitzicht 314, kom woon
het,
Niemand het ooit geweet hoe oud oom Herman regtig was nie, tot die dag
toe hy met sy vaaljapie in ʼn diep sloot teen sy grensdraad, beland het.
Omdat hy nooit van iemand iets gevra het nie, het hy van die vaaljapie
afgeklim en die trekker op sy eie uit die sloot probeer lig. Dit was die
begin en einde van oom Herman se ellende en groot gesondheidsprobleme..
Met die oplig van die mankoliekige ou trekker het die maer ou mannetjie
ʼn yslike diafragmabreuk opgedoen, en net daar in die sloot bly lê.
Toe oom Herman nie teen sononder by sy huis opdaag nie, het ou Filemon
na hom gaan soek.. Hy het hom half bewusteloos in die sloot opgespoor en
benoud by ons -sy naaste bure -kom aanklop om hulp.
Die ambulans is geskakel en die half-bewustelose ou oom is met loeiende
sirenes na die destydse H.F. Verwoerd Hospitaal gejaag.
Toe oom Herman na ʼn noodoperasie wakker word, was die gort behoorlik
gaar! Hy het sy binneaarse oorgietings en dreineringsbuise uitgepluk, sy
klere aangetrek en die hoësorg-eenheid verlaat. Hy het homself ontslaan.
Vanaf die openbare telefoon in die noodgevalle afdeling, het hy ʼn
huurmotor bestel. So skuins voor middernag het die huurmotor die
hardekwas oom Herman voor sy sinkdakhuisie kom aflaai.
Die storie het gou ons ore bereik en as verpleegkundige kon ek die
moontlike komplikasies van sy onbesonne daad voorspel. Ek het die
volgende middag na oom Herman oorgestap met tee en toebroodjies. Ek was
baie bekommerd oor hom. Dalk was hy in pyn of moontlik honger en dors..
Daar aangekom, was oom Herman geensins toeganklik vir besoekers nie. Hy
het my vyandig vanuit sy ysterkateltjie aangegluur. Die groot honde het
hulle lippe grommend opgetrek en tande gewys. Die foksterriërs se
nekhare het regop gestaan. Hy het eers ontspan toe hy sien dat ek geen
bybedoelings gehad het nie, en net wou help.
Ek het sy wond skoongemaak en vir hom iets vir pyn gegee. ʼn Week na sy
“ontslag” het oom Herman, al hangende aan ʼn protesterende Filemon se
sterk arm, na die vaaljapie in die sloot toe gesukkel. Hy wou waaragtig
weer probeer om die voertuig uit die sloot uit te tel! Filemon het glo
heftig gekeer maar hy is met ʼn paar harde kragwoorde die swye opgelê.
Dit was toe dat oom Herman se wond ná die vierde probeerslag, oopgebars
het. Sy ingewande het soos die van ʼn vars geslagte bees, oral uitgepeul.
Hy het glo die derms met sy grond- en ghriesbesmeerde hande probeer
terugdruk. Toe die pogings misluk, het hy ʼn uiters geskokte Filemon na
ons toe oorgestuur. Hy het hulp nodig gehad.
Hierdie keer het oom Herman by die dood omgedraai. Na ʼn noodoperasie van
amper vyf ure lank, het hy vir twee weke op ’n ventilator in die
intensiewe afdeling van die H.F Verwoerd gelê. Sy lewe het aan ʼn
draadjie gehang. Na sy oorplasing na die gewone saal, het sy wonde het
septies geraak. Na hoë dosisse antibiotika het hy geleidelik herstel.
Gedurende daardie tyd het hy, behalwe vir ons en Filemon, geweier om
enige ander besoekers te ontvang.
Dit was ʼn taamlike mak en patetiese oom Herman wat heelwat later met sy
tuiskoms, openlik aan ons erken het dat hy baie eensaam is en dat die
tyd aangebreek het om vrou te vat. Hy het iemand nodig om vir hom te
sorg. Hoe sulke geïsoleerde oujongkêrels of ‘hermiete’ - soos my man
opgemerk het - so vinnig ʼn vrou kan opspoor, met haar kan trou en
voortgaan met sy lewe, laat vandag nog steeds my logiese denke in die
steek.
Dit is presies wat oom Herman op die ouderdom van 80 jaar en ses maande
gedoen het. Hy is in die kerk se konsistorie met tant Hester, ʼn eensame
weduwee van die omgewing, in die eg verbind.
Maar, soos ons later verneem het, was die huwelik van die begin af maar
wankelrig en op dun ys. Filemon het begin rond vertel dat ou miesies
Hester en oom Herman baie baklei, veral teen slapenstyd. Die rede vir
die bakleiery was dat oom Herman se honde steeds hul regmatige plek op
die huweliksbed opgeëis het.
Na vele argumente, dreigemente en emmers vol trane, het die goeie ou
tant Hester haar tasse gepak en haar kinders gebel. Sy het vir oulaas,
terwyl sy vir die kinders wag, wanhopig en tranerig voor haar maand-oue
eggenoot gaan staan. Hy moes ʼn lewensbelangrike keuse maak.
“Herman de Wet, nou moet jy finaal kies. Dis óf ek, óf jou honde!
Oom Herman het sy keuse gemaak. Hy het sy honde gekies…….
Die vaaljapie het vir baie jare nog met sy neus in die sloot bly hang.
Oom Herman is een koue winternag, op die vooraand van sy 89 ste
verjaarsdag aan longontsteking en verwaarlosing dood. Filemon het sy
baas in die familiekerkhof by sy Voortrekker-voorouers begrawe.
Ingestuur deur:
Andrea van Vuren
Posbus 48392.
HERCULES
0030
Tel: 0123762551
Die Lewe van Sannie van Niekerek:
Sannie van Niekerk is op 18 Maart 1951 gebore. Sannie
is as’t ware deur die Here ‘n tweede kans gegun as kleuter deurdat sy
tydens ‘n ernstige siekbed deur die Here gedra is. Langs hierdie einste
siekbed het Mamma aan die Here belowe dat sy Sannie vir Hom sal opvoed -
min wetende dat die Here Mamma onbewustelik by dié belofte gaan hou soos
ons sal sien in die verhaal wat volg hoe Sannie haar hele werksloopbaan
ten volle net aan die werk van die Here wy.
Die saadjie van die liefde vir spesiale kinders het ontkiem toe haar
loopbaan by Maria Kloppers Kinderhawe in Observatory, Johannesburg begin
het. Dit was tydens hierdie loopbaan dat haar spesiale rooikop hemelkind
dogtertjie, Sonika, op haar pad gekom het.
Haar liefde vir gemeenskapwerk was baie beperk in die Kinderhuis en sy
het ‘n dagsorgsentrum in Kriel geopen, met haar spesiale rooikop
hemelkind dogtertjie in haar arms wat slegs vir 9 jaar deur ons Hemelse
Vader aan haar geleen was.
Omdat die Dagsorg nie werklik haar lewensdroom was nie, en die hartseer
op daardie stadium menslik onmoontlik gelyk het, het sy belangstelling
in die dagsorg verloor en was sy verplig om die dagsorg af te staan en
slegs met ‘n paar kinders as Dagmoeder voort te gaan om fisies kop bo
water te hou.
Haar lewensdroom het begin posvat toe die eerste hemelkindjie weer met
‘n hartseer einde aan haar geleen was - maar deur dit kon sy die doel
uit hierdie hartseer insident wat die Here op haar pad toegelaat het,
duidelik verstaan deurdat sy op ‘n harde manier moes leer dat selfs
gestremde kindjies slegs op ‘n wettige wyse aan haar sorg gelaat moet
word.
Nadat Sannie baie met die Here geworstel het om te kan verstaan presies
wat Hy van haar verwag, het Sannie besluit om met ‘n totale oorgawe alle
materiële prys te gee en haar lewensdroom ten volle begin uitleef.
Heelwat onderhandelinge met Geestesgesondheid en NG Welsyn het begin om
die papierwerk afgehandel te kry.
Intussen het die Here voortgegaan met Sy doel met Sannie se lewe en is
een van haar Dagsorgkindertjies (hoe anders as gestrem!!) se ouers op ‘n
wrede motorongeluk oorlede en omdat Sannie se arms en hart ALTYD WAWYD
oop is, het sy peetouers besluit om hom voltyds in Sannie se sorg te
plaas.
Sannie het deur hierdie spesiale werk van haar geleer dat die Here op Sy
spesiale manier ‘n baie spesiale hartseerwerk aan haar toevertrou het
deurdat Sannie gesien het hoe naby aan die dood ‘n mens kan lewe met
haar droom saam met haar hemelkindertjies wat net aan haar geleen word,
maar weereens het sy besef dat dit nie ‘n rede is om op ‘n hoop te gaan
sit nie, want so lank as wat ‘n mens asemhaal is jou werk op hierdie
aarde nognie voltooi nie!
Sannie se volle oorgawe word in haar lewe weerspieël in die feit dat,
gedurende die tydperk wat sy weg is van die kinderhuis af, sy NOG NOOIT
‘n salaris vir haarself geneem het nie en daarvan kan haar boekhoudster
getuig, aangesien dit vir haar nag is om met allerhande flentertjies ‘n
salaris moet wys ter wille van belastingdoeleindes. Met die oog hierop
is Sannie, buiten die ongereelde betaling van pleegsorgtoelaes,
heeltemal afhanklik van donasies, waarvoor sy natuurlik baie dankbaar
is!! Sannie getuig ook daagliks van die wyse waarop die Here haar
sekonde vir sekonde per dag dra!
In haar persoonlike lewe is dit ook duidelik in dié opsig dat sy haar
eie geluk opsy stoot en eerder nóg ‘n hemelkindjie en nóg ‘n
hemelkindjie neem eerder as ‘n eggenoot, en is sy dus, tot dusver nog
steeds enkellopend.
Groot was ons verbasing ook gladnie, toe sy genomineer is as Finalis van
die Erdekruik as Vrou van die jaar, maar komies was dit ook verseker,
want om Sannie met grimering en ‘n bietjie bederf te sien was ook ‘n
storie op sy eie!! Weereens, soos ons maar net vir Sannie ken, het sy
met groot liefde aanskou hoe nog gehoorsame kinders van die Here na vore
kom wat ten volle in alle oorgawe vir Hom werk!!
Ingestuur deur:
ANNETTE LIEBENBERG 0842998662
Drie Dae van Volmaan:
Ek stuur hierdie skrywe omdat ons op die plotte en
plase die impak van die droogte erger as erg in menseheugenis beleef!
Dis bloedig warm en droog. Geen wolkie of voelbare briesie nie. Die
plante is moeg geworstel en hang hulle koppe in verlepte moedeloosheid.
Die ou man skuifel na buite.met behulp van sy kierie in ‘n kromgetrekte
hand, sy halfblinde poedel getrou aan sy voete. Hy bespied die sterwende
aarde met dowwe kennersoë. Met ‘n stem nog mooi en sterk praat hy half
ingedagte met homself:
“Drie dae na volmaan, dan behoort die reën te kom. Ek leef vir dié dag.
Die ou poedel reageer met ‘n enkele beweging van sy krulstertjie.
Moeg, maar steeds trots en vol hoop, sukkel die ou man weer na binne
waar hy in sy bekende ou gemakstoel gaan sit. Hy wag.
Dié aand begin die volmaan met haar towelspel. ‘n Metamorfose vind in
die hemelruim plaas. Sy kruip weg agter ‘n kleed van ragfyn wolkies. Sy
tart die wagtende natuur vol belofte. Sy knipoog wispelturig vir die ou
man waar hy op sy bed lê. Hy kan nie slaap nie. Hy wag!
Swaar wolke begin in die hemelruim saampak. Die wind huil om die
verwaarloosde ou plaashuis. Die ou man ruik die reën in die atmosfeer.
Die afwagting en vreuge in sy oë is aandoenlik.
Drie dae na volmaan. Die wolke het verdwyn. Die reën het nie gekom nie.
Die son brand genadeloos op die dorre aarde neer. Die honger diere se oë
is groot en verwytend.
Soos gewoonlik, beweeg die ou man elke dag na buite, sy moeë oë tuur die
vertes in. Hy wag vir die volgende volmaan.
Die ou man sterf die volgende jaar op ‘n yskoue wintersdag terwyl die
wind hartseer om die huis huil. Hy is begrawe in gietende reën want ---dit
was drie dae na volmaan!
Dit was my oorlede man - die bekende hengelskrywer Klasie van Vuren.
Ingestuur deur:
Andrea van Vuren
Posbus 48392,
HERCULES
0030
Tel: 0123762551
'n Dag soos enige ander :
Dit is kwart oor ses. Die motor met Marlise se kinders het pas gearriveer. “Snaaks’ dink ek, en bekyk die kroos deur die glas deur waar hulle een vir een by die motor uit tuimel. “Agt jaar glede was sy een van 34 moeilike tieners met probleem ouers, en vandag is sy die Ma van drie van haar eie kinders.”
Die TV is reeds aan en die orrel pypies word dadelik in die dubbelbed geboender, die huilende peuter snoesig in die middel van die ouer boetie en sussie. Gemaak kwaai sê ek: “Kyk TV of slaap, nie een van julle staan uit die bed uit op nie, kyk, dit is nog donker buite.
” Ek hou my besig in die kamer tot die ergste snikke
bedaar, en gaan borsel tande, was gesig en sit sommer op die toilet en
soek ‘n Bybel versie of twee op vir bemoediging vir die dag. Ek bid dat
Marlise haar nuwe werk sal behou en nooit weer hoef terug tegaan na waar
sy vandaan kom nie.
Dit is ‘n dag soos enige ander.
Die Kleintjies is nog wawyd wakker, ogies vasgenael op die kleurvolle
skerm. Die kinder program word gebeeldsend in ‘n swart taal, en dit gaan
steeds my verstand tebowe hoe wit kinders weet wat daar aangaan want ek
verstaan nie ‘n woord nie.
Dit is veilig om gou nog ‘n bondel wasgoed te gaan insit, die ander optehang, en die wat gisteraaand gewas en hang is, optevou. Dit is skool vakansie en my drie jong seuns slaap nog. “Vader, gee my net nog ‘n uur van stilte” smeek ek meer, as vra. Vlietig dink ek aan my oudste kind, nou in haar matriek jaar.
Sy is kwaad vir my, en weier om met my te praat, en
ja, ek is kwaad vir haar ook. “Tieners kan so selfsugtig wees.” Baie
waar woorde, vanoggend is ek meer seker daarvan as ooit tevore.
Die opgevoude wasgoed word na die jonger dogter se kamer geneem, waar ek
stil probeer inglip. Sy sit-lê, hoog en ongemaklik teen opgepropte
kussings, mond oop, haar asemahaling vlak en vinnig, haar bors dein op
en neer. Tog is dit duidelik, sy is nog in droomland.
‘n Paar uur gelede was ons nog met haar by die
Pretoria Wes hospital, waar die grootste gedeelte van die aand
gespandeer is aan wag, toe vinnige observasies, ‘n ondersoek en x-trale.
Geruime tyd later, op aandring van die Dokter probeer ons haar oortuig
om maar liewer opgeneem te word. Moedeloos vra ek my man om met die
opgerukte kind te gaan praat, toe sy weer by die deur uitstorm. Hy is
gou terug. “Jy moet liewer self met haar praat, sy het geen respek vir
my nie.”
Die gesiggie voor my is dik geswel aan altwee kante van haar ore.
Pampoentjies het haar laat getref, en sy het sleg daarvan afkom. Haar
longe is geaffekteer en die Dokter diagnoseer kroniese Pneumonie. Dit is
seker waar, laas jaar was sy ook in die hospital vir vier weke met
longontsteking.
Rooi ogies hang en word met swart kringe omraam. Sy is siek, baie siek, maar dit maak geen verskil aan haar heftige eie wil nie. Sy weier om te bly en dreig om huis toe teloop as ons haar daar los. Uiteindelik gee ons op, en vra die Suster vir die medikasie en anti-biotika wat sy ons reeds vertel het, nie gaan werk nie.
Die Indiër Dokter vra geiriteerd: “Why do you let her
make her own decisions? She is only seventeen!” Ietwat bedremmeld
verduidelik ek, na wat ek hoop, ‘n aanvaarbare verskoning klink: “She is
not my own child. I am her foster mother. She already RHT’d four days
ago from another hospital. She will only do it again if I force her to
stay.” Net daar sweer ek sy is die laaste van ander mense se kinders wat
ek ooit weer grootmaak.
In die motor oppad huistoe praat ek stadig en afgemete om nie heeltemal
my humeur met die siek tiener te verloor nie. Doelbewus dink ek aan als
waardeer sy al in haar jong lewe is. “Jy laat ons vir vier ure in ‘n wag
kamer wag vir jou, net om behandeling te weier.
Ons kon lankal in die bed gewees het. Wat jy nou gedoen het grens aan selfmoord en kom nie van die Here af nie.” Nietemin probeer ek haar skuldig laat voel. Sy sê nie ‘n woord nie, en ons ry verder in stillte terug huistoe. Eintlik is ek smoor kwaad vir haar.
My moëe liggaam, skreeu vir ‘n bed, broos en gekneus
deur die ruk en pluk dokter, waar hy ‘n oer oue rug en nek besering
behandel, wat weer knoppe trek asgevolg van al die stress wat deel
uitmaak van my daaglikse bestaan. “Ek is keelvol vir hospitale” dink ek
moedeloos, en krap in die donker in my handsak vir ‘n keelseer
peppermintjie.
Vroëer die dag was ek ook in die wag kamer van ‘n ander hospital, die
keer met die ou Oom. En gister was ons vir vier ure in die Akademiese
hospital se wagkamer waar die oom se voedingsbuis en voedings nagegaan
moes word. Toe het die dokter aan diens al droog gemaak omdat die buis
die vorige dag reeds uitgetrek het en hulle dit nooit behoorlik terug
gesit het nie. Deur hierdie buis kry hy sy maaltye elke 4 ure.
CA van die Oesofagus is geen grap nie, hy kan nie
eers water drink sonder pyn nie. Maande gelede was hy ‘n onafhanklike
huurder in ons huis, deesdae is hy afhanklik van ons om aan die lewe te
bly. Om vir hom te sorg is egter ‘n voorreg. Hy is ‘n wyse ou man, en ‘n
maklike patient. Dikwels staar hy vir ure by sy venster uit, met moeë
blou oë, en mediteer oor al die dinge wat hy in sy sewentig lewensjare
verkeerd gedoen het. Soms word sy vêr gedagtes in woorde omgesit, dit is
dán wanneer ek baie leer oor die lewe.
My ouers loer vroegoggend in, nog voor die kinders roer. Hulle is oppad
terug Vrystaat toe, hulle was in die stad vir die begrafnis van ‘n
familie lid wat ek skaars geken het. Op die ingewing van die oomblik
besluit ek om hulle maar liewer te vertel van die drama wat gister
afgespeel het, voor hulle dit by iemand anders hoor – of dalk weer op TV
sien.
Ek begin nog net vertel, toe een van my seuns opgewonde in-tjip. Ek laat hom maar begaan, ek onthou hoe dit geklink het toe al die kinders gelykdydig hulle relaas met my wou deel, per slot van sake was ek inelkgeval nie eers hier toe alles gebeur het nie. Ek hoor die storie weer, in amper dieselfde woorde as gister:
“Sjoe, Ouma, daar was net Cops oral, en ‘n helicopter
op die dak, net soos in die movies!” Ek let op dat die kalant nou baie
meer braaf klink en skoon vergeet om sy ouma tevertel dat die geraas van
die helikopter so vrees aanjaend was dat die meeste van hulle, hy
inkluis, onder die beddens weggekruip het. “En weet Ouma, hulle is so
goed, toe ons weer sien toe is die huis vol polisiemanne, sonder dat ons
hulle eers hoor inkom het. Die uitdrukking op my ma se gesig lees
duidelik: “Waarvan praat die kind?”
In meer versigtige woorde probeer ek die storie so lig as moontlik
opdien. “Ek het die ou Oom gevat vir inkopies gister oggend. Chantel het
my op my sel in die hande gekry en net iets gesê van polisie manne, ‘n
gun, en ‘n swart man, toe jaag ons maar huis toe.
Toe ons hier kom was als al verby.” Ek vertel liewer
nie dat die mense in die buurt nog in die straat gestaan en skinder en
gons het nie. Ek veronderstel ‘n helikopter wat laag genoeg hang oor
enige huis se dak, sal enige plek opspraakwekkend wees. Hierdie huis met
al sy probleem kinders, en boemelaars en alkoliste was lankal deur die
buurt weggewens en uitgekryt. Ons was beslis nie favorites nie.
“Een van die werkers wat tydelike akkomodasie by ons gehad het en wat
toevallig ‘n week gelede kennis gekry het, is in werklikheid,
‘un-be-known-to-us’ ‘n Zimbabwe vlugteling, en onwettig in Suid –Afrika.
Hy het die kinders se BB –gun geleen en laggende vertel dat hy
swartmense wil beroof vir ‘n selfoon. Natuurlik het die kinders niks
daarvan geglo nie, vir hom die speelding gegee en maar net verder
computer games gespeel.
Toe gaan die poepol en ‘Hands-up!’ ‘n hele dagga gang hier naby die Apies brug. Een van die gerookte manne, pluk toe blykbaar ‘n regte geweer uit, en twee mense word gewond. Clemmins het sy alie afgeskrik en huis toe laat spaander, die gansters agter hom aan. Nie lank daarna nie toe volg die polisie motors en helikopter.
Die polisie het baie gou die area afgekamp met 7
ander groot trokke en tenminste 20 polisie voertuie – dit is nou volgens
Chantelle - en ‘n paar bang manne aan hulle dreadlocks hier uitgetrek,
maar ons was gewaarsku dat dit nie almal was nie, en dat ons moontlik ‘n
besoek kan verwag.”
‘Scary stuff’ kan ek op my ouers se gesigte sien. My perfektionis ma
skud haar kop om ietwat tot verhaal te kom, en kry net uit: “Jou arme
kinders! Maar jy bring dit oor jouself met die dinge wat jy doen en
toelaat.” Ek wil haar sê dat ek eintlik maar net sukkel om “Nee!” te sê,
en dat dit eintlik húlle skuld is, maar ek los dit liewer.
Om hulle die skuld te gee gaan my niks baat nie. My
Ouma se naam was Dina. Miskien moes hulle my maar ook liewer Dina genoem
het. Gedienstige Dina. Buitendien, lank terug het ek eendag gelees: “As
jy niks kan skryf wat die moeite werd is om te lees nie, leef dan so,
dat dit die moeite werd is om oor te skryf.” Ek weet nie wie dit gesê
het nie, maar ek het dit ter harte geneem.
Die res van die dag verloop vlot. Die seuns baklei, die kleuter loop en
skree, opsoek na haar ma, die een meisiekind hyg na asem, die ander een
laat steeds niks van haar hoor nie. Die goeie nuus is: die Oom kan
vandag sy kos inhou en my jare lange vriendin,
Lorraine stuur ‘n oulike, gelowige sms in pleks daarvan om te huil oor een of ander man wat haar nou weer gebruik het of haar uitgevrete, dwelm verslaafde kinders wat haar alweer misbruik. Vandat sy uit die tronk kom is sy uitgehonger vir liefde en aanvaarding en sy gryp na elke krummel wat haar kant toe kom sonder om twee keer te dink.
Die ander vriendin, Lynn laat ook van haar hoor. Sy
sê dat ek op moet hou bekommerd wees oor haar. In haar woorde: “Stop
worrying about me, I stopped drinking a long time ago, really.” Sy is
nie oortuigend nie. Laas maand het sy haar hand gebreek op ‘n ‘Hell of a
party’ en my vertel: “It was good while it lasted” Die maand voor dit
was sy opgeneem vir pil O.D en haar vierjarige dogtertjie was saam haar
opgeneem vir oordosis observasie. Vermoedelik het sy altwee van hulle in
‘n vlaag van depressie om die lewe prober bring. Sy ontken dit
tensterkste.
Amper slaaptyd trap die sussie op die vrede liewende boerboel se stert
en hy hap met ‘n tjank, vervaart en verward, nog deur die slaap na die
ding die naaste aan hom. Bloed stroom uit die peutertjie se voorkop, oor
haar neus, en die gang is te nou en die badkamer te klein vir almal wat
saam wil gaan om die wond in die lig waarteneem.
Terug hospital toe vir ‘n klem in die kaak inspuiting
en ‘n paar steke. Dankie Vader ons het klaar geëet en die kinders is
almal klaar gebad. Dit is laat, ek sal die jong Ma maar môre laat weet.
“Of moet ek dit vanaand doen?” twyfel ek en dink, “As dit my kind is,
wat sou ek wou gehad het?” Probeer haar dan maar liewer bel, maar sy
antwoord nie die foon nie. “Ek het probeer” troos ek myself. By die huis
is almal in die bed, kinders slaap.
“Dankie Liewe Jesus!” Prewel ek sommer hardop. Soos ek gesê het: ‘n Dag
soos enige ander.
Vir Jou:
'n Gedig deur Andrea van Vuuren:
Dit is die maand September, die winter is verby,
ook die winde van Augustus
wat die stoffies rondkarwei
Die skoonheid onmiskenbaar
wat deur jou wese trek
Die tuinman en die bye
ook oral op te merk
ʼn Oase in die dorsland waar die natuur
vir ons wil wys
die dieper sy van liefde
in die ware paradys
Die weerlig in die verte
wat speels die ruim verlig
stuur sy bliksems na die aarde
in sy rondomtalie vlug
Waar die kese sit en vlooikrap
daar teen die berg se hang
sit die brandwag iewat hoër
om gevare op te vang
Nessies word gebou
deur mossies en die vink
wyl die tortel êrens rustig
sy water troebel drink
Die siening is met deernis
in nederigheid omvou
om Septembermaand se bloeisels
vir altyd te onthou
Jan van der Merwe
Hartbeespoort